Songtexte.com Drucklogo

Sy Beweeg Songtext
von Johannes Kerkorrel

Sy Beweeg Songtext

Sy spin hom, spin hom toe
Haar silwer wentelbaan
Hy hou haar teen hom vas
Begin haar lyf aanbid
Sy wys om middernag
Die ritme van die vrou in die maan
As sy beweeg
As sy beweeg


En hy raak malverlief
Hy is verlief
Die vrou in die blou maan
Sy trek hom in die diep see
Magneties is haar krag
Getye in hom draai en draai en draai
As sy beweeg
As sy beweeg

En hy is malverlief
Hy is verlief
Die vrou in die blou maan
Sy trek hom in die diep see
Magneties is haar krag
Hy staar en staar en staar en staar en staar
As sy beweeg
En hy sê hou my, hou my, hou my, hou my vas
En hulle tango, tango, in die lang nag
En hy sê mmm, mmm
Magneties is jou krag
Getye in hom draai en draai en draai
As sy beweeg
Oe, hulle dans en hulle dans

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Johannes Kerkorrel

Quiz
Wer ist kein deutscher Rapper?

Fans

»Sy Beweeg« gefällt bisher niemandem.