Songtexte.com Drucklogo

Van Tonder Deel 2 Songtext
von Piet Botha

Van Tonder Deel 2 Songtext

Dis ′n wrede bitter straf as 'n man sy eie graf
Moet grawe
Die kakies het ons gevang en more gaan ons
Hang
Geen krygshof, geen verhoor
Geen kans
Nou staan ons bang met die graaf in die hand
En ′n bloedrooi son in die weste


Ek sal dit nooit vergeet
Die waansin in die kreet en gebede
Uit die skeme uit nêrens
Twee ruiters reguit uit die hel
Giftig soos 'n mamba laat ek jou vertel
Die sergeant major huil en skree
En vloek en skel
Toe is dit net kruit en vuur
En rook en bloed
Ewe dooie kakies in die kerkhof by
Leeuwfontein

Hoera vir die ou Transvaal en die Vrystaat
Hoera vir die reuk van die roer
Ons prys die Heer se genade en sy
Boodskapper Van Tonder

Sewe kakies lê vergete in die veld vir ewig
Ons ry toe soos die wind
Asof Lord Kitchener self ons jag
Reguit vir die grens van Portugees Oos Afrika
En daar het ons gebly toe was die oorlog verby
Amnestie gekry en stadig huistoe gegaan

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Piet Botha

Quiz
Welcher Song kommt von Passenger?

Fans

»Van Tonder Deel 2« gefällt bisher niemandem.