Riemtelegram Songtext
von Piet Botha
Riemtelegram Songtext
Ek hoor so deur die riemtelegram
Deur die grapevine, geraamtes wat klets
Jy′s alweer besig om onmin te saai
Jou vriende te verraai
En dit alles vir 'n bietjie kalklig
Dis jakkalsdraai en rondomtalie
Jy′t verdwaal by Verneukpan
Maar moet my nie verkeerd verstaan nie
Al jou vriende het huistoe gegaan
Nou's dit net jy en jou gewete
Sê my lyk dinge al 'n bietjie beter?
Was jy veilig in die blou lig?
Altwee jou arms hoog opgelig
Asof jy ′n priester is
Altyd beter as die gewone man
Koebaai, aufwiedersehn, adios amigo
Vlieg in jou, môre se vriende het jy klaar
Geleen, geleen en gebruik en weggesmyt
Jy drink jou wyn uit ′n judaskruik
Jy wonder seker of jy die hoofrol speel
In hierdie klug
Noem dit eerder 'n tragedie
Dis ′n geskinder en geskryf
En jalousie wat hoogty vier
Oral waar jy jou begewe
Deur die grapevine, geraamtes wat klets
Jy′s alweer besig om onmin te saai
Jou vriende te verraai
En dit alles vir 'n bietjie kalklig
Dis jakkalsdraai en rondomtalie
Jy′t verdwaal by Verneukpan
Maar moet my nie verkeerd verstaan nie
Al jou vriende het huistoe gegaan
Nou's dit net jy en jou gewete
Sê my lyk dinge al 'n bietjie beter?
Was jy veilig in die blou lig?
Altwee jou arms hoog opgelig
Asof jy ′n priester is
Altyd beter as die gewone man
Koebaai, aufwiedersehn, adios amigo
Vlieg in jou, môre se vriende het jy klaar
Geleen, geleen en gebruik en weggesmyt
Jy drink jou wyn uit ′n judaskruik
Jy wonder seker of jy die hoofrol speel
In hierdie klug
Noem dit eerder 'n tragedie
Dis ′n geskinder en geskryf
En jalousie wat hoogty vier
Oral waar jy jou begewe
Writer(s): J P Botha Lyrics powered by www.musixmatch.com