Songtexte.com Drucklogo

Neentientwee Songtext
von Piet Botha

Neentientwee Songtext

Daar′s 'n trein wat staan op die stasie
Dis reeds verby middernag
Jy voel nog eenkeer na jou kaartjie
Want hierdie trein gaan nie wag

Vaarwel my engel
Dis tyd om te groet
Nie omdat ek wil nie
Maar omdat ek moet


Daar′s 'n skip in Durban se hawe
Waarmee ons oor die see moet gaan
Al die pad na St. Helena
Maar ek wonder waar kry jy jou naam

Want daar is niks heiligs hier
Net die klip en die sand
Heimwee en verbittering
Soos 'n vuur wat aanhou brand

Daar′s ′n wa met vier perde
Alles mooi in swart getooi
En op ons vaders se erwe
Word die kindergrafte toegegooi


Dankie Brittanje
Die moet julle weet
Baie sal vergewe
Ander sal nooit vergeet

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Piet Botha

Fans

»Neentientwee« gefällt bisher niemandem.