Die Groot verlange Songtext
von Piet Botha
Die Groot verlange Songtext
Hier kom dit nou
Die groot verlange
Donker soos die rivier in die nag
En as jy nie reën kry
Dan is dit dalk verby
Met jou en jou stukkende hart
G′n mens kan mos so alleen bly
Diep in die berg sonder kind of kraai
Hulle sê dit was die mooiste vrou
Die wat nog kan onthou
Dit was baie lank gelede
Sy was die enigste een
Vir hom, sy droomvrou
Maar oh wee haar liefde
Was nie vir hom beskore
Sy's weg met ′n ander man
Met baie geld en vir baie lank
Het niemand ooit van haar
Gehoor nie
As jy dalk eendag hier verby ry
Vra maar vir Gertjie waar is my graf
Miskien kom dit reën
Gebruik die druppels een vir een
Om jou handjies mee te was
Die groot verlange
Donker soos die rivier in die nag
En as jy nie reën kry
Dan is dit dalk verby
Met jou en jou stukkende hart
G′n mens kan mos so alleen bly
Diep in die berg sonder kind of kraai
Hulle sê dit was die mooiste vrou
Die wat nog kan onthou
Dit was baie lank gelede
Sy was die enigste een
Vir hom, sy droomvrou
Maar oh wee haar liefde
Was nie vir hom beskore
Sy's weg met ′n ander man
Met baie geld en vir baie lank
Het niemand ooit van haar
Gehoor nie
As jy dalk eendag hier verby ry
Vra maar vir Gertjie waar is my graf
Miskien kom dit reën
Gebruik die druppels een vir een
Om jou handjies mee te was
Writer(s): J P Botha Lyrics powered by www.musixmatch.com