Songtexte.com Drucklogo

Ek dink aan jou (as dit reën) Songtext
von Fokofpolisiekar

Ek dink aan jou (as dit reën) Songtext

′N Oomblik is die wêreld werd
Maar net die eerste een
'N Dier bly ′n dier

Gaan slaap as jy sal beter raak
As jy aan die slaap kan raak
'N Dier bly 'n dier

Ek dink aan jou as dit reën
Ek dink aan jou as dit reën

Hierdie vier mure maak my naar
Is jy siek of sit jy aan?
Die lied in my hart is ′n swanesang

Ek dink aan jou as dit reën
Ek dink aan jou as dit reën

Kwaad raak ons net vir mekaar
Mans bly seuns
Seuns wil mans wees


Ek sweer daar′s iemand wat in die hoek staan
As ek my oë knip, is sy weg soos my kinderdae

Ek dink aan jou as dit reën
Ek dink aan jou as dit reën

Ek is nie meer lief vir jou nie
Ek kon jou nie gelukkig hou nie
Beloftes breek
Styf vashou maak seer

Kwaad raak ons net vir mekaar
Mans bly seuns
Seuns wil mans wees

Deesdae vat dit langer
Om mense te leer ken
Deesdae vat dit langer
Om mense te leer ken
Is dit regtig nodig
Om mense te leer ken
Deesdae vat dit langer

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Fokofpolisiekar

Quiz
Wer singt das Lied „Applause“?

Fans

»Ek dink aan jou (as dit reën)« gefällt bisher niemandem.