Songtexte.com Drucklogo

Jantjie van die Berge Songtext
von Theuns Jordaan

Jantjie van die Berge Songtext

Lank gelede by die kloof
Aan die Magaliesberg se hang
Toe diè wat dit vertel nog kinders was
Het ′n siel geswerf wat kind was
Maar op sy manier 'n man
Gebore om die berge op te pas

En as die donderwolke saamsweer
Teen die kranse by die kloof
En die dag word soos ′n sterrelose nag
En die dreuning van die donder elke ander klank verdoof
Het almal op sy vreugdeslied gewag


Want die kranse was sy mure
En die hemel was sy dak
En sy vriende was die donder en die reen
En wanneer hy klippe bergaf rol
En doringboompies knak
Was hy die berg die storm alles een

En die bliksem skeur die hemel
En die wind se wolwehuil
Nooi die berg se stroefste bome vir die dans
En mens en dier wat vreesbevange
Teen die storm skuil
Hoor sy lied weerklink van krans tot krans

Lank gelede by die kloof aan die Magaliesberg se hang
Na nagte teen die kranse in die reen
Het 'n siel gesterf wat kind was
Maar op sy manier 'n man
En daarna was die berge weer alleen

Tog die mense die vertel my
As jy op ′n stormnag
Sy spoor vat teen die krans uit en daar skuil
Hoor jy soms iemand iewers bo die donderslae lag
En somtyds weer dan hoor jy iemand huil


End

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
In welcher Jury sitzt Dieter Bohlen?

Fans

»Jantjie van die Berge« gefällt bisher niemandem.