Songtexte.com Drucklogo

Stoomtrein Songtext
von Laurika Rauch

Stoomtrein Songtext

Aha oe oe...
Dadadada
Aha oe oe...
Dadadada

As ek vanaand my sin kon kry
Sou ek weer met ′n stoomtrein
Deur die varsgeploegde Wes-Transvaal wou ry
Soos jare vantevore
Voor ons die spoor verloor het
In hierdie sinnelose jaagtog teen tyd

En as ek nog 'n wens kon kry
Sou ek dat hierdie trein van my
Al klikkend oor die spore wieg en swaai
Oor die brug by "Veertien strome"
Wil ek steenkool ruik en stoom
As die wind deur die venster binnewaai


Aha oe oe...
Dadadada
Aha oe oe...
Dadadada

Ja ek verlang na die dae
Toe die stoomtrein nog gery het
En die springbokkop wat ratel teen die stowwerige ruit
Maar ek soek veral na mense wat verdwyn het Uit my kleintyd
Soos die stoomtrein se weemoedige gefluit

Aha oe oe...
Dadadada
Aha oe oe...
Dadadada

Daar′s net een fout met die wens van my
Om weer eens met 'n stoomtrein
Oor die spore van my kinderdae te ry
Want die vreugde en die mense
Wat ek soek met my gewensery
Is lank reeds met die laaste trein verby

Aha oe oe...
Dadadada
Aha oe oe...
Dadadada

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Stoomtrein« gefällt bisher niemandem.