Songtexte.com Drucklogo

O So Sentimenteel Songtext
von Laurika Rauch

O So Sentimenteel Songtext

Jy vra my om vergiffenis
Jy sê my jy voel sleg
Dan spring jy op ′n straler
Vlieg tien duisend myle weg
My hart is nes 'n klimtol
Waarmee jy lustig speel
O, ek voel broos vanaand
En o, so sentimenteel

Jy bel my net na middernag
En vra my hoe ek voel
Jy sê jy′t my iets moois gekoop
In 'n mark in Istanboel
Oor al jou doen en late
Kan ek my goed verbeel
En nou's ek nie meer vaak
Net o, so sentimenteel


Ek gaan my regruk en uitstyg
Bo wat my onderkry
′N Nuwe lewe inrig
Die oue′s als verby
En wat jy met jouself maak
Kan my die minste skeel
Maar miskien is jy nog lief vir my
Ek's o, so sentimenteel

Die koffie′s koud en bitter
Jou vlug's ′n halfuur laat
Die omie kom sy dogter haal
Maar ek's niks lus vir praat
Die wiele vat-vat baanblad
My hart sit in my keel
Gaan lê, ou hart, gaan lê
Jy′s o, so sentimenteel

Ek gaan my regruk en uitstyg
Bo wat my onderkry
'N Nuwe lewe inrig
Die oue's als verby
En wat jy met jouself maak
Kan my die minste skeel
Maar miskien is jy nog lief vir my
Ek′s o, so sentimenteel

Maar miskien is jy nog lief vir my

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Whitney Houston sang „I Will Always Love ...“?

Fans

»O So Sentimenteel« gefällt bisher niemandem.