Songtexte.com Drucklogo

Liefde Uit Stellenbosch Songtext
von Laurika Rauch

Liefde Uit Stellenbosch Songtext

Die aand in Dorpstraat
het jy vir my gesê
daar is soveel meer wat jy uit die lewe wil hê
en die aand by Koeëlbaai
het jy vir my vertel
jou lewe hier is soms, soms erger as die hel

Die aand in Knysna
het jy vir my gesê
ons tye saam is al wat ons nou het
en die aand in Kaapstad
het jy vir my gevra
hoe ver, hoe ver, kan die see liefde dra


So steek vir my ′n kers op in Washington
en neem foto's van Londen
stuur ′n duif uit Italië
en dalk 'n poskaart uit België

Die aand in Kaapstad
het ek toe weer gedink
hoe gou het ons liefde in die diep see verdrink
en die aand in Dorpstraat
het ek vir myself gesê
daar is soveel meer wat ek nog van jou wou hê

So steek vir my 'n kers op in Washington
en neem foto′s van Londen
stuur ′n duif uit Italië
en dalk 'n poskaart uit België

Want ek steek vir jou ′n kers op in Oudtshoorn
en ek neem foto's van Potchefstroom
ek stuur vir jou ′n duif uit die Knysnabos
en al my liefde - hier uit – Stellenbosch

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Whitney Houston sang „I Will Always Love ...“?

Fans

»Liefde Uit Stellenbosch« gefällt bisher niemandem.