Songtexte.com Drucklogo

Die Siener Songtext
von Laurika Rauch

Die Siener Songtext

Dis ′n hele ent vanaf Ottosdal
Diep in die hart van die Wes-Transvaal
Galop, galop in die skemergloed
Oor Lichtenburg hang 'n lanferdoek

Sy lang swart baard is met grys gevlek
Hy lyk soos iemand uit die ou testament
Oor Lichtenburg hang ′n groot swaar wolk
Wie sal die droom vir die oom vertolk?

Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison

Hy't 'n kaalkop man in ′n droom gesien
Vlae halfstok en die nommer vyftien
Hy lyk ontsteld, hy lyk gedaan
Die generaal is in groot gevaar


Oom Koos is kalm, oom Koos is stil
Hy soek na woorde en na God se wil
Hy staar na die man met die helm gebore
Hy staar na die man met die wilde oë

Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison

Hoe sê jy vir ′n vriend, jou dae is getel?
Jy groet maar net en jy sê vaarwel
Glo vas in die Heer, hou vas jou hoed
Oor Lichtenburg hang 'n lanferdoek

Donker dag, donker aand
Dag vyftien, Septembermaand
′N skoot in die nag, 'n skoot in die kol
In die leë straat het ′n hoed gerol


Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison
Kan jy my nog sien, kan jy my nog hoor
Oom Koos gaan dalk sy hoed verloor
Ontwaak, ontwaak, want die bloedrooi son
Hang alreeds bo die horison

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Die Siener« gefällt bisher niemandem.