Songtexte.com Drucklogo

Dans In Die Maanlig Songtext
von Laurika Rauch

Dans In Die Maanlig Songtext

Hande streel teen ′n bloeiselwang
Oë stip in sy kyk gevang
Ore swem in sy diep bruin stem
Rus haar kop op sy ferm ken

Skryf 'n brief van ′n verre land
Strooi daarin van die vreemde sand
Onthou dan gras bly dieselfde groen
Met dieselfde son wat jou warm soen

En hul dans in die maanlig
Saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig
Dolgelukkig

Jaar na jaar en maand na maand
Vaag die beeld van daardie aand
Soek 'n ster in 'n nag so swart
Stadig klop haar gebroke hart


Skryf ′n brief van ′n verre land
Strooi daarin van die vreemde sand
Onthou dan gras bly dieselfde groen
Met dieselfde son wat jou warm soen

En hul dans in die maanlig
Saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig
Dolgelukkig

Dieriedaai jaai dieriedoem
Dieriedaai dieriedoemdaai
Dieriedaai jaai dieriedoem
Dieriedaai dieriedoemdaai

Hande gevou op 'n moeselien lap
Oë toe asof sy net slaap
Ore stil in ′n verre land
Rus haar siel in die vreemde sand

Skryf 'n brief van ′n verre land
Strooi daarin van die vreemde sand
Onthou dan gras bly dieselfde groen
Met dieselfde son wat jou warm soen


En hul dans in die maanlig
Saamgevleg in die purper lug
Kyk hul dans in die maanlig
Dolgelukkig

Dieriedaai jaai dieriedoem
Dieriedaai dieriedoemdaai
Dieriedaai jaai dieriedoem
Dieriedaai dieriedoemdaai

En hul dans

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Dans In Die Maanlig« gefällt bisher niemandem.