Songtexte.com Drucklogo

Daar's Baie Klippe in die Groot Karoo Songtext
von Laurika Rauch

Daar's Baie Klippe in die Groot Karoo Songtext

Daar′s baie klippe op hierdie plaas
Maar hulle sê die werk is skaars
Hy dink hy sal 'n rukkie bly
Hier in die Kamdebo kontrei

Hy glo die muur wat hy hier bou
Sal hierdie werf baie netjies hou
Ons moet die bokke van die skape skei
Hier in die Kamdebo vallei

Om ysterklippe bymekaar te maak
Is mos ′n doodgewone taak
Party lê onder, party lê bo
Daar's baie klippe in die Groot Karoo


Hy rus sy knieë in die warm sand
Die vonke spat soos hy klippe kap
Dis nie sy eerste muurtjie nie
Hy is nie meer 'n laaitie nie

Sy waterpas is ′n bietjie krom
Het met ′n halfmaan hier aangekom
Die klippe lê soms onderstebo
In hierdie deel van die Karoo

Hy trek 'n streep in die warm sand
Die tipe werk vang hom soms onkant
Op sommige plase rus ′n man se knie
Nie baie lekker op die aarde nie

En eendag na 'n sekelmaan
Sal hy ook voor jou hek kom staan
Met sy pluiskeil wat hy liggies soen
Met sy ′n donkie wat hy Dinsdag noem

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Wer besingt den „Summer of '69“?

Fans

»Daar's Baie Klippe in die Groot Karoo« gefällt bisher niemandem.