Songtexte.com Drucklogo

Blou Kafee Songtext
von Laurika Rauch

Blou Kafee Songtext

Onthou jy nog die blou kafee
By Mosselbaai se strand
Waar ′n mens die wye see
Kon vashou in jou hand

Smiddae het ons ver gaan stap
En op die wye strand
Ons name in die sand geskryf
As talisman en pand

En saans was daar 'n ou klavier
(Ant Gerty het gespeel)
En ons kon dans en ons kon sing
En ons kon ons verbeel

En ons kon ons verbeel my ding
En doen net wat ons wou
Mooi wense wens en drome droom
En lugkastele bou


Haai haai die witborskraai
Hiervandaan na watter baai
Het watter wind om watter draai
Ons kaalvoetspore weggewaai

Die geel klavier was vals my ding
Maar dit was nie te sê nie
Ons het heelnag deur gewals my ding
Ge-two-step en gewals
Al verder van die blou kafee
Af weg tot langs die donker see
Al verder weg al verder weg
Al verder weg mmm...

Die blou kafee was als my ding
Al was die wysies vals
Jou mond was teen my hals my ding
Die lewe was ′n wals

Wat het geword van daardie twee
Die geel klavier die blou kafee
Van jou en my van my en jou
En Mosselbaai se silwer see


Haai haai die witborskraai
Hiervandaan na watter baai
Het watter wind om watter draai
Ons kaalvoetspore weggewaai
Ek weet net soms as ek verlang
Na niks in die besonder
Onthou ek weer vir jou en my
En kan ek maar net wonder

Ant Gerty is glo hemel toe
Die geel klavier verkoop
Die tafels en die stoele weg
En die blou kafee gesloop

Haai haai die witborskraai
Hiervandaan na watter baai
Het watter wind om watter draai
Ons kaalvoetspore weggewaai

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Welche Band singt das Lied „Das Beste“?

Fans

»Blou Kafee« gefällt bisher niemandem.