Groet sonder woorde Songtext
von Koos Du Plessis
Groet sonder woorde Songtext
Laat ons nie praat nie,
Die tyd is verby,
Niemand is kwaad nie
En albei is vry.
Kom kyk deur die ruite,
Die nag staan in blom, woorde hoort buite, want hartseer is stom.
Lê jou kop hier teen my skouer
Laat jou hart sy paaie gaan
Stilweg word ons wys en ouer
Eendag sal ons dalk verstaan.
Maar tot die ryp kraak onder skoene
Wat geen ander haard of tuiskoms ken
Gun ek my nog visioene van een
Wat die hele wêreld wen.
Jy hoor my nie meer nie,
Ek sê maar totsiens
Ek sal jou nie steur nie, ek loop ongesiens,
Want jy is in oorde waar drome nog blom,
Ek groet sonder woorde,
Want hartseer is stom. En jy is in oorde waar drome nog blom,
Ek groet sonder woorde, want hartseer is stom

Writer(s): Koos Plessis Lyrics powered by www.musixmatch.com