Songtexte.com Drucklogo

Opdrag Dwaling Songtext
von Chris Chameleon

Opdrag Dwaling Songtext

Wat kan ek nou nog vir jou sê? my bitter liefde is uiteindelik verby
En net jou sterre-oë uit die duister skyn dierdie oomblik nog naby.
Wat wil jy nou nog van my hê, eerdat die laaste gloee uitbrand?
Ek weet alleen ons siele bly nog hierdie oomblik diep verwant...
Ooooohhhhh ohhhhh
Toe het ek gedink dat jy en julle min is; ek het gevoel dat ek verby die kille winde van jul onreg en die doel van jul terloopse groet is. ek het die hoop en liefde wat ek eens gegee het as jou erfenis geneem; ek het gelag en weens my vrolikheid en goedheid veel gewen.
Ek kan jou fluisterend vertel die eindtoon van die helder lied van jeug en liefde is gemeng met skemeringe van verdriet.
Ohhhhhh oooooohhh ek kan jou my laaste woorde gee, my laaste trane en my laaste leed.


Dan sal ek, nae dié oomblik, selfs hart van my hart, selfs jou vergeet!
Ohhhhhh oooooohhh
Ohhhhhh oooooohhh
Toe het ek gedink dat jy en julle min is; ek het gevoel dat ek verby
Die kille winde van jul onreg en die doel van jul terloopse groet is. ek het die hoop en liefde wat ek eens gegee het as jou erfenis. geneem; ek het gelag en weens my vrolikheid en goedheid veel gewen. maar toe die ligte dof word en die aandklok fel die leegte inlui,
Was ek diep bedroef en in myself was ek teleurgestel.
Ohhhhhh oooooohhh
Ohhhhhh oooooohhh

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Chris Chameleon

Quiz
Whitney Houston sang „I Will Always Love ...“?

Fans

»Opdrag Dwaling« gefällt bisher niemandem.