Songtexte.com Drucklogo

Ek Kan Net Bid Songtext
von Zaan Sonnekus

Ek Kan Net Bid Songtext

Vier uur die oggend
As die bed steeds kraak
Na al die oorlog
Sukkel hy om te slaap
Hy val deur die krake
Hy val tot hy wegraak
Hy wil nie lag nie
Want die oggend is koud
Dit word nie verwag nie
Sy glimlag lyk oud
Asof hy jonk is
As die koffie weer bitter proe
Maar daar′s 'n rand van klip en silwer
In die donker as jy net weer kyk
En as jy wonder oor die woorde sal ek oor jou skryf
My leë gebede is die rede dat ek jou verwyt
Een honderd duisend siggarete brand in jou as jy na sterre kyk
Verloor jou hart en alle sin as jy na Whisky ruik
Ek soek die kleur maar ek voel seer as ek in jou oë kyk
Maar ek soek steeds na jou


Ek kan net bid vir nou
Tot my dae opraak
Ek het nog soveel vrae
Ja ek sal veg vir jou
En als waarvoor jy wou
Tot my dae uit loop
As jy jou siel verkoop
Ek kan net bid vir nou
En ek kan net bid vir jou
Ek kan net bid vir nou
Ek kan net bid vir jou
Tot my dae uit loop
As jy jou siel verkoop
Ek kan net bid vir nou
Ek kan net bid vir jou
Tot my dae uit loop
As jy jou siel verkoop
Ek kan net bid vir nou
En ek kan net bid oor jou
Tot my dae opraak
Daar was nog soveel vrae

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Ek Kan Net Bid« gefällt bisher niemandem.