Songtexte.com Drucklogo

Ek en my bottel Songtext
von Stef Bos

Ek en my bottel Songtext

Ons lê hier langs die pad
Ek en my bottel
Die mense loop verby
Dis vroeg in die oggend

Ons lê hier soos geliefdes
Verstrengel in mekaar
Sy is leeg van my
Ek is vol van haar

Ek was 'n paar jaar in die weermag
Geveg daar op die grens
Die bos daar het my mal gemaak
Maar nou is ek weer 'n mens

Ek het die land hier sien verander
Selfde storie ander boek
Ek is die bruinman in die middel
Nooit wit of swart genoeg nie


Sy is alles wat my reg hou
Sy is al wat my laat val
Sy is die liefde van my lewe
Sy's my Heelal
Sy's my sonde my verlange
Sy's my honger en my dors
Sy's is die onmag wat my vashou
Sy's die vrou
Wat my nooit sal los nie

Ek is 'n swerver in die stad hier
Slaap daar buite by die hek
Van die Kompanjie se tuine
Voor die useless parlement
Waar hulle praat en praat en praat
Oor die toekoms van die land
Ek lê daar buite en ek slaap
Met 'n bottel in my arms

Sy is alles wat my reg hou
Sy is al wat my laat val
Sy is die liefde van my lewe
Sy's my Heelal
Sy's my sonde my verlange
Sy's my honger en my dors
Sy's is die onmag wat my vashou
Sy's die vrou
Wat my nooit sal los nie


En ek droom soms van'n meisie
Met rooi lippe
Wat met my dans
Tot anderkant die maan

Verby die wolke
Verby die sterre
Daar waar die hemel nog bestaan

My bottel My booze
My Lullaby My blues
My hemel My hel
Die naam Op my vel
My sonde My verlange
My honger My dors
Die onmag wat my vashou
Die vrou
Wat my nooit sal los nie

Sy is alles wat my reg hou
Sy is al wat my laat val
Sy is die liefde van my lewe
Sy's my Heelal

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Wer ist auf der Suche nach seinem Vater?

Fans

»Ek en my bottel« gefällt bisher niemandem.