Songtexte.com Drucklogo

Skipskop (2002 Weergawe) Songtext
von Sonja Herholdt

Skipskop (2002 Weergawe) Songtext

Pak op, pak op, sit jou goedjies op jou kop
More gaan ons weg, ver van hier weg
Skipskop, Skipskop, wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor, die Blouberge oor
Hoverberg se mens, is ek gebore
Op die plek Skipskop, nes my pa en sy pa ook
Hier deur die duine, loop onse spore
Hier op die beach, hier langs die see
Is ek gedoop
Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders
En die wolke, en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye
Die linker hand, of die regter hand
Watse kant lê die plek, misverstand


Asseblief meneer, ag, sê tog weer
Is dit die pad wat ons moet more vat
′N Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar
Stukkies van my lewe, hulle lê baie deurmekaar
Tel op vir Shorty, en tel op vir Pop
Gaan haal vir Apie, en hou daai kindjie dop
Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders
Die wolke, en die winde wat hier waai
Pak op jou goedjies, en verkoop jou bootjie
En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye
Maar wat ken ek anders, as die blou dam se branders
Die wolke, en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, pak op jou goedjies
En sê maar Skipskop, so long, Skipskop sê goodbye
So long Skipskop, Skipskop sê goodbye

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Skipskop (2002 Weergawe)« gefällt bisher niemandem.