Wind En Weer Songtext
von Piet Botha
Wind En Weer Songtext
Jy het gedink dit sou maklik wees
Staan maar net daar en sê koebaai
Maar buite was dit winter
′n Hartseerwind wat waai
Jou glimlag sal nooit weer in sy oë skyn
Jou glimlag behoort nou aan die man op die trein
Hy is te lank in die wind en die weer
Te lank in die wind in die reën
Jy het gedink dis net soos ander mans
Twee weke en dis verby
Maar nou is jou lewe vreemd en grys
En die trane is altyd naby
Die trein staan lank stil op Beaufort in die middel van die nag
Maar buite is dit winter en daar is niemand wat wag
Net die wind, wind en die weer

Writer(s): J P Botha Lyrics powered by www.musixmatch.com