Van Weelde En Rykdom Songtext
von Fokofpolisiekar
Van Weelde En Rykdom Songtext
Ek probeer ′n lae profiel handhaaf
En ek probeer om my growwe kante glad te skaaf
As ek net kon beter voel
As ek net kon beter doen
Dis 'n logiese afleiding
Ná jare se breinskade
Is ek tot ′n afhanklike verdoem
Als wat skitter, glinster selde heeltyd dieselfde
En in retrospek is dit jou naaste wat jou mishandel
Ek word deur my begeertes beheer
Ek's net 'n leek wat selde uit sy foute uit leer
Ek laat myself in die steek
Keer op keer
Keer op keer
Is ek onbeskut teen stormweer
Als wat skitter, glinster selde heeltyd dieselfde
En in retrospek is dit jou naaste wat jy mishandel
Ek dink ek weet
Ek dink ek weet hoe jy voel
Maar hoe kan mens verseker wees?

Writer(s): Francois Badenhorst, George De Ridder, Hunter Kennedy, Jaco Venter, Wynand Myburgh Lyrics powered by www.musixmatch.com