Songtexte.com Drucklogo

Klipgooi Glashuis Songtext
von Fokofpolisiekar

Klipgooi Glashuis Songtext

Moenie bang wees nie
Gee jouself weg
Vir absoluut niks nie
Word deel van die battery
Waarna niemand sal luister nie
Ons is in elk geval dieselfde

Koolstofkopieë
Met slange vir vriende
Dwelms is skelm
En het al my woorde gesteel
Ons soek ′n podium
Iets van betekenis
Noudat ons ouer is

Word die rook al hoe dikker in
My longe ingeasem
Doen ons Prozac in plaas van Ritalin
Drink ons op jou
Wat sy drome kan onthou


Jy's nie generies nie
Ek′s net pateties
Dis redelik frustrerend maar
Ek wil net iets warm vashou
Die emosionele hel
Waarin ek myself bevind
Noudat ons kouer is

Word die rook al hoe dikker in
Ons atmosfeer ingebliksem
'N Weermag hyskrane op die horison
Beskerm jou
Deur om jouself toe te bou

Vasgepleister in woonkamers
In voorstede
Soek ons grasie van ons doemprofete
Ek lys my nuweweeksvoornemens magteloos
Verplig en beskuldig
Inspirasie vasgeverf in wit
Noudat ons ons ouers is

Word die rook al hoe dikker in
My longe ingeasem
Doen ons Prozac in plaas van Ritalin
Drink ons op jou
Wat sy drome kan onthou

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Fokofpolisiekar

Quiz
Welcher Song kommt von Passenger?

Fans

»Klipgooi Glashuis« gefällt bisher niemandem.