Songtexte.com Drucklogo

Fok Rond Songtext
von Fokofpolisiekar

Fok Rond Songtext

Bewaar jou siel
Moenie boeke brand nie
Beman die gevegstasies
Teen verstandparasiete van die tronkplaneet

Moenie stilbly nie
Moenie terugstaan nie
Verraai die oorheersers
Van die kwantumhologram

Kom julle terug?
Daar is kwik in ons murg
Al wat oorbly is hoop
En ek hoop ek sien jou môre weer

Fok rond
Vind uit
Fok rond
Fok rond vind uit


Kwantifiseer die natuur
Rand en sent
Sy verstaan nie
Suig die gees uit
Was jouself af
Ons is maaiers op ′n
Besoedelde karkas

Kyk op na die kosmos
Verstik in die wolke
Smeek om verlossing
In wat ontwikkel ons in?

Wees water
Nie sement nie

Wees asem
Nie plastiek nie

Wees lig

Daar is wiskunde
In die blom, atoombom
Een het deernis
Die ander uranium
Die een vlek oop
Die ander 'n chrysanthemum

Die een na die ander
Liggaamstapels in die naam van vordering


Fok rond
Vind uit
Fok rond
Fok rond vind uit

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Fokofpolisiekar

Quiz
Wer singt über den „Highway to Hell“?

Fans

»Fok Rond« gefällt bisher niemandem.