Songtexte.com Drucklogo

FLVJ Songtext
von Fokofpolisiekar

FLVJ Songtext

5 vingers vir die vuis waarmee jy my wil slat
4 uur is te laat om in die strate te stap
3de keer is gelukkig, die trane spat, die
2 van ons my skat, ons vat
1 vir die pad

Jy′s die volume op my radio
Sout in my wonde
So hoog as moontlik
So seer
Jy maak my gesonder
Dinamiet kom in klein boksies
Dis antisepties, maar
Liefde is toksies
En dit maak my siek om te sê


Ek's fokn lief vir jou
So fokn lief vir jou
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokn lief vir jou

Ek weet daar′s moeilikheid daarbuite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos 'n vitamine
Geen dissipline

Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
So fokn lief vir jou


Daar's so kroeg tussen Sanlam-hoofgebou en die Strandstraat se Spar
Oulike dame
Wat agter die toonbank staan
Week se salaris in die bank
Geen planne gehad
Vat julle kaarte vra ek
Nee ons gee hulle terug
Nou hoe gaan ek betaal
En hoe laat maak jy klaar?
Sy sê sy werk nie
Nou wat maak jy agter die bar?
Ek wag vir jou, sê sy
En jy mors nou my tyd
Daar′s reëls om te breek
En foute om te maak
Kom ons maak onsself los en gaan sit vas in mekaar

Ek′s fokn lief vir jou
So fokn lief vir jou
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokn lief vir jou

Ek weet daar's moeilikheid daarbuite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos ′n vitamine
Geen dissipline

Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou

En dit maak my siek om te sê
Ek's fokn lief vir jou
So fokn lief vir jou

Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Fokofpolisiekar

Fans

»FLVJ« gefällt bisher niemandem.