Songtexte.com Drucklogo

Die seksuele revolusie Songtext
von Fokofpolisiekar

Die seksuele revolusie Songtext

Onskuld is ′n vrug
'N Droë metafoor wat ouer word
Ek stap versigtig met ′n blinddoek op

Dis baie mooi as twee jong mense soen
Begeerte is 'n spieëlbeeld
Omstandigheid 'n luuksheid van
Gesonde verstand
En dis dalk onplesierig
Maar die roltrap moet jy trap

Onskuld is ′n vrug
′N Droë metafoor wat ouer word
Ek stap versigtig met 'n blinddoek op


Ons kort ′n lyer
'N Bedrieër om ons op te sweep
Om vir ons rigting te kan gee
En al die kenners stem ooreen

Jou eie graf moet jy seker maar self grawe
Jou eie doodskis jouself maak
Jou eie toespraak by jou begrafnis praat

Onskuld is ′n vrug
'N Vrot metafoor vir ouer raak
Ek stap versigtig met ′n blinddoek op

Jou breinkind gaan jou doodmaak
En almal sal verstaan
Hy is uit kadawers aanmekaargeslaan

Onskuld is 'n vrug
'N Droë metafoor wat ouer word
Ek stap versigtig met ′n blinddoek op

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Fokofpolisiekar

Fans

»Die seksuele revolusie« gefällt bisher niemandem.