Songtexte.com Drucklogo

Die Goeie Ou Dae Songtext
von Fokofpolisiekar

Die Goeie Ou Dae Songtext

Watse deel van die goeie ou dae mis jy?
Is dit patriargie?
Of lyfstraf kry?
Nou′s ons glase vol
Urbanol en alkohol
Soek net iewers om uitmekaar uit te kan val

Ons leef basies
In 'n TV tussen stasies
Almal op hul tone
Hul fone
Hul gode
Hommeltuig-patrone

Hologram-spoke
Droom met oop oë

Ek is almal wat voor my was
′n Junkie op 'n vloermatras
'n Kind met vlieë op haar gesig
′n Enkelouer-alkoholis
En jou pa wat by ′n brug af


Spring

Watse deel van die goeie ou dae mis jy?
Is dit die massamoord?
Of oopkyktyd?
Nou's ons glase vol
Urbanol en alkohol
Soek net iewers om
Uitmekaar uit te kan val

Weet jy wat maak ′n plek kak?
Dis die mense
Daar's baie van ons dood
En ons hou net aan met lewe
Die moeilikste ding is om myself te vergewe

Ek is almal wat voor my was
′n Junkie op 'n vloermatras
′n Kind met vlieë op haar gesig
'n Enkelouer-alkoholis
En jou pa wat by 'n brug af

Spring


Watse deel van die goeie ou dae mis u?
Is dit die passewet?
Of die potpourri?
Nou′s ons glase vol
Urbanol en alkohol
Soek net iewers om
Uitmekaar uit te kan val

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Fokofpolisiekar

Quiz
Wer ist kein deutscher Rapper?

Fans

»Die Goeie Ou Dae« gefällt bisher niemandem.