Songtexte.com Drucklogo

B2CY Songtext
von Fokofpolisiekar

B2CY Songtext

In Bellville
Op die strate
Niks om te doen op Woensdae-aande
Ek het gesê ek sal nie kak aanjaag nie
Lê my kop neer
Wil nie ophou raas nie

Dit was Woensdagaand, 27 April, 1994
Hy was 13 jaar oud
Naïef en onbewus
Maar ja

Jy behoort te weet jy kon my enige tyd
In die middel van die nag
By die vulstasie kry
Een leë Coke-bottel vol petrol
Vlam-pentagram
Skool-sportgrond


Band-name
Knipmes
Skoolbank
Daar was verandering in die lug
Die velkleur van beheer
Was die enigste verandering

Harde negatiewe musiek
Het my lewe gered
Het my lewe gered
Dit hou my kalm
Soos ′n landmyn
Ek bly
Ek bly stil soos 'n bom
Ek bly stil soos ′n bom

Ek onthou Desembervakansie wat nooit ophou nie
En my ontwikkeling is onder huisarres
Ons naai en suip net nie meer in parkies nie
En gaan net kerk toe as daar begrafnis is

Band-name
Knipmes
Skoolbank
Dit sal nog steeds daar wees onder al die vernis
Verandering is die enigste konstante
Whatever


Harde negatiewe musiek
Het my lewe gered
Het my lewe gered
Dit hou my kalm
Soos 'n landmyn
Ek bly
Ek bly stil soos 'n bom
Ek bly stil soos ′n bom

Die verkeersligte hou ons dop soos ou-regime robotte
Agter in tuine buig slap gerookte nekke in Wendy-huise vooroor
Tussen die gras wat kniehoogte is
Wat maagdevliese soos knipmesse insluk
Is daar niks om te doen in Bellville nie

In Bellville
Op die strate
Niks om te doen op Woensdae-aande

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Fokofpolisiekar

Fans

»B2CY« gefällt bisher niemandem.