Songtexte.com Drucklogo

Ek Dink Aan Jou Songtext
von Dozi

Ek Dink Aan Jou Songtext

Buitekant lê 'n tarentaal se veer.
En ek wonder wat ek, hieruit kan leer.
Daar is baie myle tussen doen en sê.
Want alles wat is, was al gewees.
Om agter 'n glashuis se deur te staan.
En hoop, niemand sien jou daar.
'N Honderd en een besluite geneem.
Maar alles bly, ongedaan.
Ek reuk die soet geur, van muskus, wat hang in die gang.
En ek dink aan die pêrels op jou lyf.
Instrumenteel
Buitekant lê die sneeu en wag om 'n sneeuman te word wat breed glimlag.
Ek wil niks meer bewys nie, ek het my versoen.
Ek het alle stasies aangedoen.
Ek het die lewe se vreemde paaie geloop.
'N Goeie begrip is net 'n halwe woord.
Aandagtig gesit, ek het die tyd bekyk.
Alles gedoen wat gedoen moes word.
Ek reuk die soet geur, van muskus, wat hang in jou gang.
En ek dink aan die pêrels op jou lyf.


Instrumenteel
Ek reuk die soet geur, van muskus, wat hang in die gang.
En ek dink aan die pêrels op jou lyf.
Ek reuk die soet geur, van muskus, wat hang in die gang.
En ek dink aan die pêrels op jou lyf.

O, ek reuk die soet geur, van muskus, wat hang in die gang.
O, en ek dink aan die pêrels op jou lyf.
Mmmm . en ek dink aan die pêrels op jou lyf.

Mmmm . en ek dink aan die pêrels op jou lyf.

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»Ek Dink Aan Jou« gefällt bisher niemandem.