Songtexte.com Drucklogo

Deesdae Songtext
von Die Heuwels Fantasties

Deesdae Songtext

Deesdae is maar flou
Afgewater
Toe val ′n lig op ons
Toevallig
Toe val ons
Hoe later hoe kwater

Kyk op ou plakate
Hoe ons ouer raak
Snaaks hoe vinnig jy
Van al jou wiele en juwele
Kan ontslae raak


Gee ons net 'n oomblik
Los vir ons ′n gaping
Oë oop
Uit die as 'n nuwe asem
Ag ons is belangrik
Gee ons net 'n oomblik
Oë oop

Iemand anders
In ′n winkelvenster gesien
En nie geweet wie dit was nie
Wie se gesig dit was nie
Ek kon myself nie herken nie
Ek het myself in ′n winkelvenster gesien

Gestap tot my bene soos stene kramp
'N siener in die suburbs sien niks nie
Hier ′t ons van uitwerp werk gemaak
Het jy ook vere gevoel
Ek het vere gevoel


Gee ons net 'n oomblik
Los vir ons ′n gaping
Oë oop
Uit die as 'n nuwe asem
Ag ons is belangrik
Gee ons net ′n oomblik
Oë oop

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Die Heuwels Fantasties

Fans

»Deesdae« gefällt bisher niemandem.