Songtexte.com Drucklogo

'n Traan Van Droefheid Songtext
von Die Briels

'n Traan Van Droefheid Songtext

Langs die bed van my vader sit ek nog so klein
En ′n traan van droefheid as 'n glimlag verskyn
Op die lippe van my vader nog swak en gedaan
Nou sal ek alleen deur die wêreld moet gaan


Lees tog ′n versie uit die Bybel my kind
Dat ek vrede en rus vir my siel kan vind
Met lippies wat bewe staan ek dan nader
En ek kniel alleen langs my sterwende vader

Terwyl ek lees het die glimlag verdwyn
Vir my vader so dierbaar sal die son nooit weer skyn
Trane wat vloei oor my wange so bleek
Die dood van my vader sal ek nooit vergeet

Oe

Die dood van my vader sal ek nooit vergeet

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Fans

»'n Traan Van Droefheid« gefällt bisher niemandem.