Songtexte.com Drucklogo

Die Sluise Van die Hemel Songtext
von Bok van Blerk & Robbie Wessels

Die Sluise Van die Hemel Songtext

As die hart weer oor loop
Loop die mond ook oor
Van al die goeters wat jou bly maak
Wat jou bekoor

As die riviere oor loop
Loop die sluise oor
Van al die damme in die oorde
Wat hulle water verloor

Ja, so stap ek deur die lande
Met my oë op Jou gerig
Ja, so droom ek van my damme
Waar ek kon visvang jare terug

Ek onthou hoe ek saans in die winter maande
Gehol het in die reën sonder vrees of skaamte
Ek onthou hoe die stroom na die see geloop het
Uit die berg op my plaas voor dit opgedroog het
Daar was nooit te kort aan reën
Daar was nooit te kort aan reën


Toe die damme begin opdroog
En die veë begin te dood
Toe die weiding begin min raak
En gesny word aan die brood

Toe die vloei van die fontyne
En die waterare stol
Toe staan die grond bakhand
O, maak ons pense vol

En met die son se kondensasie
Begin die wolke saam te pak
En ′n hele reënboog nasie
Begin hul arms in te hak

En 'n noodkreet weerklink in die hoogste hemel
En die aarde roep saam in die taal van engele
Ons is hier, ons is dors
Kom en vul die droogte
Uit die water are van die allerhoogste
Ons sal heelhartig vertrou
Ons sal vertrou op Jou

Ja, so staan ons na die droogte op
Die halleluja vul die hart se klop
Die El Nino word ′n veë verhaal
In al die tale van die land vertaal


Word geskryf aan die verlede af
Dis genade dis nie God se straf
Haal jou Bybel van die boekrak af
Haal jou Bybel van die boekrak af

Want die Kaap, die Kaap, die Kaap se vlaktes roep
Maak, maak die sluise, die sluise van die hemel oop
Die kaap, die Kaap, die Kaap se berge roep
Maak, maak die sluise, die Sluise van die hemel oop

Die Kaap, die Kaap, die Kaap se berge roep
Maak, maak die sluise, die sluise van die hemel oop
Maak, maak die sluise, die sluise van die hemel oop
Maak, maak die sluise, die Sluise van die hemel oop

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Bok van Blerk & Robbie Wessels

Fans

»Die Sluise Van die Hemel« gefällt bisher niemandem.