Songtexte.com Drucklogo

Ek Wil Eerder Weet As Wonder Songtext
von Arno Jordaan

Ek Wil Eerder Weet As Wonder Songtext

Die storms wil nie lê nie
Die wind is nie wat ek wil hê nie
Die mis is te dig vir die klein bietjie lig
Daar′s geen einde in sig

Die vloede wil nie sak nie
Ek wen nie teen die watervlak nie
My liggaam is moeg teen die strome geswoeg
Di's nou meer as genoeg

Antwoord my briewe
Sê vir my liewer sodat ek net weet
Moet ek aan beweeg dan sal ek kan vergeet van jou
Ek is gereed want ek wil eerder weet as wonder


Jou woorde is nie duidelik
Jou taal van liefde so verlydelik
Jy′s klaar oor die lyn tussen jou tussen my
Kan geen terug paadjie kry

Sit dit in woorde
Ek wil dit hoor dit is nou maak of breek
Moet ek aan beweeg of is jy ook gereed
Ek wil eerder weet as wonder

Ek kan nie wag vir die storms om om my te ween
Het geleer om te dans in die val van die reën
Maar die druppels verander nou vinnig in seer
Ek moet weet

Ek wil eerder weet as wonder

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Arno Jordaan

Fans

»Ek Wil Eerder Weet As Wonder« gefällt bisher niemandem.