Songtexte.com Drucklogo

Trompie Songtext
von Anton Goosen

Trompie Songtext

Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en ′n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak
Kwaggaberg se hoofstraat ken die Boksombende
Vir allerhande kattekwaad is hul al 'n legende
Blikkies kou ′n grassie, Dawie is die slimkop
En Rooie wil sy groottoon roer, maar die ander tone roer ook
Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak
Kwaggaberg se kloof is die swemplek van die bende
In die Fort hou hul vergadering in 'n kringetjie gebuk


En dan ontlok hul streke selfs ′n glimlag by bekendes
Maar ook ′n frons of twee as hul streke hand uitruk
Want Trompie is 'n klonk met ′n hemp wat ver uithang
Met kouse op sy skoene en 'n vuil streep oor die wang
Sy ondeunde oë glimlag, as hy vir sy vrinne wink
En nuwe manewales word van vooraf uitgedink
Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en ′n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak ...
Trompie en die Boksombende
Dis Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die brak
Daar kom Trompie en die Boksombende
Met ingeduikte skoene en 'n kettie in die sak
Met ingeduikte skoene en paddas in die sak

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Quiz
Wer ist auf der Suche nach seinem Vater?

Fans

»Trompie« gefällt bisher niemandem.