Songtexte.com Drucklogo

Vrou by die spieël Songtext
von Amanda Strydom

Vrou by die spieël Songtext

Sy sit by die venster,
Staar na die park
Die tyd het diep kepe om haar vol mond gehark
Sy hoor die sirenes - sy weet dit word laat
Sy bly nogtans wakker, en kyk af na die straat
'N TV blêr langsaan sy staan vinnig op
Uit haar stoel by die venster
Sy skink nog 'n dop
Die park lyk verlate,
Van waar sy hier staan
En hoog in die bome hang 'n geel sekelmaan

En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A.
Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay
Staan strak in die maanskyn soos bakens van lig
Sy raak aan haar wang
Glimlag en sug


Sy stap na haar kamer,
Gaan staan voor die spieël
Sy trek stadig uit, dis 'n ou ritueel
En nakend bekyk hul
Mekaar vir 'n uur
Die vrou met die boggel
En die vrou teen die muur

Dit voel of sy lig word
Sy droom sy kan vlieg
Sy tol in die rondte,
Laat die spieël vir haar lieg
Sy lig eers versigtig haar regterhand hoog
En dan volg die linker met 'n sierlike boog
En stadig verdwyn die gedrog op haar rug
En sy dans soos 'n vlam oor die vloer
Deur die sitkamer, die badkamer, op die balkon
Waar die maan oor die park vir haar loer

En die Kentucky Fried Chicken, die Y.M.C.A.
Die skool vir gestremdes en die Pick 'n Pay
Staan blink in die maanlig soos tempels van hoop
En sy dink, 'Ek sal môre 'n rooi rok gaan koop'
Sy dink, 'Ek sal môre die rooi rok gaan koop'

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Amanda Strydom

Quiz
Whitney Houston sang „I Will Always Love ...“?

Fans

»Vrou by die spieël« gefällt bisher niemandem.