Songtexte.com Drucklogo

Tussen die liefde en die leegte Songtext
von Amanda Strydom

Tussen die liefde en die leegte Songtext

Ek is my lewe lank op reis
Ek volg die weë van die twyfel
Ek soek na wat ek nooit sal vind nie
Want ek wil dwarsdeur die dood heen sing
Ek wil probeer om iets te maak
Ek wil nie breek nie, ek wil nie haat nie
Maar op soek na mooi woorde
Het die liefde my verloor

En ek is altyd maar oppad
Altyd maar oppad
Ek reis onrustig en onseker
Tussen die liefde en die leegte

En ek is altyd maar oppad
Altyd maar oppad
Ek reis onrustig en onseker
Tussen die liefde en die leegte


Dis nie′n lewe om te deel nie
En tog behoort my hart aan jou
Maar laat my nie te veel beloof nie
Want ek bly my droom getrou
En ek wil nog soveel woorde sing
Dit is'n passievolle drang
Ek wil alleen wees en ook by jou wees
Maar ek vind nooit die balans

Dus is ek is altyd maar oppad
Altyd maar oppad
Ek reis onrustig en onseker
Tussen die liefde en die leegte

Altyd maar oppad, pad, pad
Ek reis onrustig en onseker
Tussen die liefde en die leegte

Onrustig en onseker
Die liefde en die leegte

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Amanda Strydom

Quiz
Wer ist kein deutscher Rapper?

Fans

»Tussen die liefde en die leegte« gefällt bisher niemandem.