Songtexte.com Drucklogo

Hector P Songtext
von Amanda Strydom

Hector P Songtext

Ek was neëntien jaar oud toe Hector gesterf het
Hy was dertien jaar oud
Met 'n koeël deur sy lyf
Dit was koud in ons voorhuis -
Op die sestiende Junie
En die wind het geruk
Aan die vlag by die hek
En my pa het gesê "draai tog jou serp om"
Uit die sitkamer
Voor ons nuwe TV
En dis toe wat ek sien hoe jy val langs jou suster
En my ma sê "kom eet die bobotie word koud"

Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond


Ek was neëntien jaar oud toe ek sien wat hier aangaan
Hy was dertien jaar oud en het lankal geweet
En my pa skud sy kop
Vir Soweto se kinders
Wat mars teen die taal
Wat hy jare lank praat

Ek was neëntien jaar oud
En Hector skaars dertien
Ek was veilig verskans
Teen die skreeuende waarheid
In die naam van die Heer
En die swakheid van vaders
Wat niks aan die sirkus van waansin wou doen

Hector Peterson -
Kind met die glimlag
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Dis weer sestien Junie
Ek sien Hector se foto
Op voorblaaie
Dwarsoor ons land
Hy lê so stil in die arms
Van Nbuyisa Mukhubu
Sy vlerke geknip
Sodat ander kan vlieg


Hector Peterson -
Kind van die struggle
Kind van ons grond
Kind met die glimlag

Grynslag geword het -
Dis rooi om jou mond
Dis rooi om jou mond
Dis rooi

Songtext kommentieren

Log dich ein um einen Eintrag zu schreiben.
Schreibe den ersten Kommentar!

Beliebte Songtexte
von Amanda Strydom

Fans

»Hector P« gefällt bisher niemandem.